Van Gewoon na Uitsonderlik (Second-Hand Book)
Ag, my lewe is so vervelig …
Die mense by DIE werk maak my mal!
Ek haat my werk, ek doen dit net vir geld.
Voel jy ook so?
Dan Van Gewoon na Uitsonderlik sal hierdie boek jou help om ’n paar kopskuiwe te maak. Dit sal jou leer hoe om jou vaardighede te ontwikkel om meer effektief te wees. Dit sal jou motiveer om jou dagtaak meer positief en kreatief af te handel.
In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is in alledaagse, verteerbare taal geskryf. Die inhoud is boonop so ontwerp dat dit jou net vyf minute sal neem om die daaglikse stukkie deur te gaan.
Author: Kobus Neethling